Vermeende ontvoerders gearresteer

Lees ook :

Foto's: CPS Security

GAUTENG. – Nadat drie beweerde verdagte ontvoerders in Jan Meyerstraat in South Crest reeds deur die polisie gearresteer is, het ‘n veiligheidsmaatskappy nog ‘n verdagte wat probeer vlug het, in hegtenis geneem.

CPS Security sê Woensdagoggend in ‘n sosialemediaplasing reaksie-eenhede het ‘n oproep oor ‘n verdagte op ‘n erf ontvang. Met aankoms is lede van die Johannesburg-blitspatrollie aangetref wat bevestig het drie verdagtes is reeds gearresteer, maar een word nog gesoek. Die polisie is na ‘n adres waar die vierde verdagte op ‘n dak opgemerk is. Reaksielede het hom ‘n ent verder in die straat aangekeer nadat hy weer op die vlug geslaan het.

“Daar is later vasgestel dat die verdagte wat ons aangekeer het in diens van ‘n veiligheidsmaatskappy was.”

CPS Security sê die slagoffer is op die toneel aangetref en het almal vir die spanwerk geprys.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief