President Donald Trump het Leo Brent Bozell III amptelik as die Amerikaanse ambassadeur vir SA aangestel.
Lees ook: Trump se nominasie vir ambassadeur vir SA word gekritiseer
Trump het vanoggend die aanstelling bevestig en gesê Brent Bozell bring “vreeslose volharding, buitengewone ervaring en groot kennis na ‘n nasie wat dit dringend nodig het.”
Die EFF het Brent Bozell se nominasie ’n “aanval op Suid-Afrika se soewereiniteit genoem” en ’n “poging om spanning tussen die lande te vererger”.
’n Suid-Afrikaanse ambassadeur vir die VSA moet nog gekies word.
Bronne: IOL, BusinessTech, The South African
Lees ook: Trump se nominasie vir ambassadeur vir SA word gekritiseer
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





