Opgeskorte vonnis nadat pot kos baba brand

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die ouers van ‘n baba (5 mnde.) wat op 13 Julie 2024 ‘n kokende pot kos by hom in sy stootwaentjie gesit het, is in die Calvinia-streekhof vir kinderverwaarlosing gevonnis.

Lt.kol. Sergio Kock sê die ouers het saam met familie gedrink, waarna die kokende pot kos van die stoof af in die stootwaentjie by die baba geplaas is en sy maag en bene gebrand het. Eers die volgende dag is die baba met erge brandwonde na die hospitaal geneem. Die ouerpaar is gearresteer, waarna ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan is.

Die ouers is aan kinderverwaarlosing skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Beide is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Die babaseun is uit die ouers se sorg verwyder en in die sorg van ‘n voog geplaas.

Polisiebestuur het speur. sers. Jaco Swartz van Calvinia-GKS vir die ondersoek wat tot die vonnis gelei het, geprys.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief