Vyf ‘transitorowers’ van wie een glo meesterbrein, deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes, afkomstig van Gauteng, wat volgens vermoede by ‘n vlaag transitorooftogte in KZN betrokke was, is Woensdagmiddag tydens ‘n skietery met die polisie in Ridgeview, naby Chesterville, doodgeskiet.

Volgens kol. Robert Netshiunda het inligting aangedui die verdagtes is na bewering onderweg om nog ‘n transitorooftog in die omgewing van die Ilembe-distrik uit te voer. Die verdagtes is in Ridgeview opgemerk en met die polisie se teenwoordigheid is die verdagtes se missie in die wiele gery. Toe polisiebeamptes die verdagtes se voertuig nader, het die verdagtes glo op hulle geskiet, waartydens ‘n oor-en-weer-skietery ontstaan het. Al vyf die verdagtes is noodlottig gewond.

Netshiunda bevestig vier vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind. Volgens vermoede was een van die verdagtes die meesterbrein van verskeie transitorooftogte in die land. Nog verdagtes word deur die polisie gesoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief