Beskuldigde wat man aan groepsverkragting onderwerp, swaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Mpho Mokoena (40) is lewenslank en ‘n addisionele drie jaar tronkstraf deur die Pretoria-streekhof vir die ontvoering en groepsverkragting van ‘n manlike slagoffer (35) gevonnis.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Mokoena is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Mokoena en sy slagoffer, beide van Mamelodi-Oos, het mekaar geken. Omstreeks 17:30 op 9 Desember 2014 het die slagoffer gestap toe hy Mokoena en sy makkers in ‘n voertuig teëkom. Hy het in die voertuig geklim om aanwysings na ‘n drinkplek te gee. Instede van ry na die drinkplek, is die slagoffer na die Silverton-begraafplaas geneem. Hy is met geweld uit die voertuig verwyder, vasgedruk en om die beurt verkrag. Hy is ernstig beseer in die begraafplaas gelos, waarna hy vir mediese hulp na die Mamelodi-hospitaal is en die insident by die polisie aangegee het.

Mahanjana sê Mokoena is deur sy ma aan die polisie oorhandig, maar hy is later op borg vrygelaat. Sy makkers is steeds op vrye voet. Die verhoor het in Oktober 2017 begin en is in Februarie 2018 voortgesit. Mokoena het nie vir die verhoor opgedaag nie en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik. Hy is weer op 27 Junie 2023 in die tronk gearresteer waar hy nog ‘n vonnis uitgedien het.

Tydens vonnisoplegging het Mokoena die hof gevra om van die minimum voorgeskrewe vonnis af te wyk. Anton Burger, die staatsaanklaer in die saak, het vir lewenslange tronkstraf gevra, en die hof daarop gewys dat Mokoena vier vorige veroordelings vir diefstal en dwelmbesit het.

Regter Mncube het met die staat saamgestem en Mokoena dienooreenkomstig gevonnis.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief