Polisielede ondersteun plek van veiligheid

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Leamogetswe Safety Home, ‘n skuiling van veiligheid vir weerlose kinders en persone in nood, in Atterigeville, Pretoria (Tshwane) is Vrydag deur polisielede besoek waar ‘n opheffingsprojek geloods is.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê benodigdhede is deur die polisielede self van Operation Vala Umgodi se Mission Area Joint Operational Centre (MAJOC) aangekoop. Die MAJOC-span se donasies sluit kos, toiletware, skoonmaakmiddels, komberse en klere in. Operation Vala Umgodi het sedert Desember 2023 reeds landswyd 20 000 verdagtes vir onwettige mynery-aktiwiteite vasgetrek.

Van Wyk sê die inisiatief se doel is om van die versorgers van die veiligheidshuis se laste te verlig en om te verseker die kinders het basiese benodigdhede tot hulle beskikking. Hierdie projek van die lede dien voorts as inspirasie – iets klein wat vir ‘n ander gedoen word, kan ‘n blywende impak hê

“Die atmosfeer was gevul met warmte en dankbaarheid toe die manne en vroue in blou opdaag. Hulle is met glimlagte van die kinders en personeel begroet.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief