Massa-begrafnis vir agt ongelukslagoffers

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Massa-begrafnis vir die persone wat op 8 Februarie 2025 op die R40 in Hoedspruit, Limpopo, in ‘n ongeluk tussen ‘n minibustaxi en ‘n bakkie gesterf het, vind tans plaas.

Mandla Ndlovu, die premier van Mpumalanga, sal die begrafnisgangers by die Dynamos-sportgrond, Tsakani Village, in die Bushbuckridge- plaaslike munisipaliteit, toespreek. Van die 13 persone wat op die toneel gesterf het, was tien insittendes van die taxi inwoners van Acornhoek. Hulle is onherkenbaar verbrand toe die voertuig waarin hulle gereis het, aan die brand geslaan het. Een van die insittendes van die bakkie is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die DNS-toetse van agt van die tien slagoffers is voltooi en slegs agt persone sal dus nou begrawe word. Hulle is Yvonne Mashego (29), Cornelia Sekome (50), Misis Kgatlego Makine (12), Gift Kamogelo Mathebula (46), Lindisi Vivian Mathebula (43), Shadrack Monkie Makine (55), Mercy Julia Dilebo (53) en Loveness Nukeri (21). Die DNS-uitslae vir die ander twee families is steeds uitstaande.

Die premier sal deur Jackie Macie, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, Thulasizwe Thomo, LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, asook verteenwoordigers van die provinsiale regering van Limpopo en uitvoerende burgemeesters vergesel word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief