KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleutermeisie, vermoedelik drie jaar oud, het Saterdagmiddag in ‘n swembad in Hilltopweg in die Bluff verdrink.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is kort ná 14:00 na die toneel van ’n verdrinking waar KPR op die meisie toegepas is. Gevorderde lewensondersteunende paramedici het KPR oorgeneem, maar dit was onsuksesvol en sy is dood verklaar.
“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die voorval gelei het, onbekend. Die SAPD was op die toneel en sal verder ondersoek instel,” het Jamieson gesê.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





