FLORIDA, VSA. – Passasiers is ontruim na ’n Delta-vliegtuigenjin op die aanloopbaan by die Orlando- internasionale lughawe in Florida aan die brand geraak het.
Lees ook: Ses dood in New York-vliegtuigongeluk
Die vliegtuig het 282 passasiers en twaalf bemanningslede, insluitend twee vlieëniers, aan boord gehad toe die regterenjin aan die brand geraak het.
Almal is ontruim en geen beserings is aangemeld nie.
Die Federale Lugvaartadministrasie is besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: BBC, Daily Mail, Metro
Lees ook: Ses dood in New York-vliegtuigongeluk





