GAZA. – Die Israeliese weermag het erken dit het verlede maand ’n VN-fasiliteit met ’n tenk aangeval en die dood van ’n VN-werker veroorsaak.
Lees ook: Israel dood paramedici, burgerlike verdedigingspersoneel en VN-personeellid
’n Bulgaarse VN-werker, Marin Marinov, is op 19 Maart dood en vyf VN-werkers is beseer na ’n aanval op die VN-fasiliteit in Deir al-Balah. Die Israeliese weermag het aanvanklik ontken dat hulle die fasiliteit aangeval het, maar het gister (Donderdag) erken dit het die fasiliteit aangeval en die man se dood veroorsaak na dit verkeerdelik die gebou geïdentifiseer het as gevul met “vyande”.
Die weermag het gesê dit is spyt oor die voorval en is besig met “hersieningprosesse om reëls op te stel en voorsorg te tref om sulke voorvalle in die toekoms te vermy”.
Die Israeliese weermag het ook die week erken “professionele flaters” het gelei tot die dood van 15 noodwerkers verlede maand in Gaza.
Bronne: BBC, Times of Israel, New York Times
Lees ook: Israel dood paramedici, burgerlike verdedigingspersoneel en VN-personeellid





