Vatikaan tref finale reëlings vir pous Franciskus se begrafnis

Lees ook :

Vatikaan maak finale reëlings vir pous Franciskus se begrafnis fotokrediet: X

VATIKAAN. – Die Vatikaan is besig om vandag die finale reëlings te tref vir pous Franciskus se begrafnis môre (Saterdag) in Rome.

Lees ook: Pous Franciskus se begrafnis sal Saterdag plaasvind

Pous Franciskus se kis is tans in die St Peters-basilika sodat die groot skare roubeklaers hulle laaste eerbetoon aan hom kan bewys. Sy kis sal vanaand om 20:00 plaaslike tyd in ’n privaat seremonie toegemaak word. Die liggaam sal ná die begrafnis na die pouslike basilika, Santa Maria Maggiore, geneem word om begrawe te word. Nege dae van rou sal ná die begrafnis volg.

Die verkiesing van ‘n nuwe pous kan 15 dae na sy dood begin, moontlik op 5 Mei. Slegs kardinale jonger as 80 jaar – tans is daar 135 – sal kan stem.

Veiligheidsmaatreëls in die Vatikaanstad is vermeerder ter voorbereiding vir die dosyne staatshoofde en koninklikes, onder wie prins William, Donald Trump en Wolodomir Zelenski, wat die pouslike begrafnis gaan bywoon.

Bronne: The Mirror, Sky News, IOL

Lees ook: Pous Franciskus se begrafnis sal Saterdag plaasvind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief