THAILAND. – Ses polisiebeamptes is oorlede na die vliegtuig waarop hulle was in die Golf van Thailand geval het.
Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot verbetering van SA/VSA-bande
Die polisiebeamptes was op ’n toetsvlug om vir ’n valskermspringoefening voor te berei.
Vier mense is dadelik oorlede en twee is dood verklaar na medici hulle tevergeefs probeer help het.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Getuies het gesê hulle het gesien hoe die vliegtuig uit die lug val en die water tref.
Bronne: The Mirror, The Independent, The Sun
Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot verbetering van SA/VSA-bande





