Bootongeluk – visserman sterf, nog een gesoek

Lees ook :

Foto: Michelle Bester en Madeleine Scholtz

WES-KAAP. – Rikus Bester (47) van Mosselbaai het gesterf nadat ‘n boot Saterdagnag by Gouritsmond, tussen Stilbaai en Mosselbaai, vermis geraak het. Die vissersboot is Sondagoggend omstreeks 12:00 gekry, waarna Bester se liggaam op rotse aangetref is.

Robert John Hemphill (58) van George, wat saam met Bester op die boot was, word steeds gesoek. Beide is as ervare vissermanne bestempel.

Michelle Bester het in ‘n sosialemediaboodskap haar man Rikus Bester (47) se afsterwe aangekondig: More almal, familie, vriende en kollegas. Ek weet almal wonder wat aangaan, en jammer dat ek nie nou oproepe neem nie, My man Rikus Bester is gister oorlede. Hy het gaan doen wat hy die liefste voor was en gaan visvang by Gouritz, ons weet nie presies wat gebeur het nie maar die boot was by die mond omgetiep en rukkie daarna toe kry hulle Rikus op die rotse. Ek is stukkend, ek weet nie wat nou of hoe nou nie want hy was my steunpilaar, my Beste vriend, my Alles…. Vir nou probeer ek ‘cope’ ter wille van my kinders….dis al wat ek nou kan doen.”

Volgens Wilhelm Strümpher is die wrak na ‘n soektog per helikopter aan die Kanonkant van die rivier gevind. Die skipper en nog ‘n persoon wat aan boord was, is aanvanklik vermis nadat digte mis die boot se terugkeer deur die riviermond bemoeilik het. Nadat die bootwrak gekry is, is Bester se liggaam by rotse gekry.

https://www.nsri.org.za/2025/04/one-man-is-deceased-and-a-search-is-ongoing-for-a-missing-man

Bronne: Wilhelm Strümpher: Gouritsmond Groep Facebook-blad, Suid-Kaap Forum, Mossel Bay Advertiser, George Herald

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief