Man en seun dood, vrou in skietery gewond

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man en seun is dood en ‘n vrou is in ‘n skietinsident gewond toe ‘n voertuig Maandagmiddag op die R603 naby Adam’s Mission en Illovu, suid van Durban, onklaar geraak het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê in ‘n verklaring die diens het net na 15:00 op talle oproepe van ‘n skietinsident gereageer. Paramedici is na die toneel waar ‘n familievoertuig onklaar geraak het en die gesin deur gewapende mans oorval en geskiet is. Die gesin het probeer vlug terwyl die gewapende aanvallers hulle agternagesit en aanhou skiet het.

Paramedici is na ‘n huis net onder die pad geneem waar hulle ‘n vrou in haar veertigs gevind het wat veelvuldige skietwonde aan haar onderbene opgedoen het. Sy is gestabiliseer en vir verdere sorg na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is aan die voorkant van die huis met noodlottige skietwonde aangetref.

By ‘n rivieroewer is ‘n man, wat volgens vermoede die pa van die gesin is, met veelvuldige skietwonde aangetref. Hy is dood verklaar.

Die gebeure wat tot die skietvoorval gelei het, is in hierdie stadium onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief