CENTURION. – Die SAPD het bevestig drie liggame is in die Hennopsrivier langs die N1 gevind tydens die soektog na drie vermiste konstabels. Die liggame is nie geïdentifiseer nie en volgens brig. Athlenda Mathe is die polisie op soek na nog ’n liggaam en enige ander bewyse wat met die saak kan help.
Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis
Konst. Cebekhulu Linda (24), konst. Keamogetswe Buys (30) en konst. Boipelo Senoge (20) was in ’n wit VW Polo op pad van Bloemfontein na Limpopo toe hulle vermis geraak het.
Die laaste plek waar hulle gesien is, was by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolplaza op die N1.
Hulle selfone en voertuigopsporingtoestel is sedert Woensdag, toe hulle verdwyn het, af.
Bronne: SAPD
Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis





