Weldoener verdrink toe hy roeier wou help

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ’n Man (35) het Maandag in die see naby Kalbaai-hawe verdrink toe hy probeer het om ’n roeier (57), wat sowat 150 meter van die hawe met ’n surf-ski omgeslaan het, te red. Die roeier is veilig gered.

Die NSRI se Simonstad-bemanning was by die basis met roetine-opleiding besig, waartydens ‘n reddingsvaartuig met swemmers onmiddellik na die toneel lanseer is. Die bemanning van die Emily Marie, ‘n plaaslike vissersboot, het op omstanders se hulproep reageer en hulle na die roeier toe gehaas.

Die oorledene het gesien hoe die roeier sukkel en het van die hawemuur afgespring en na hom toe geswem om hom te probeer help. Die roeier, van Groenpunt, was toe reeds besig om met behulp van sy surf-ski vir dryfkrag stadig na die hawe toe terug te swem. Die man wat probeer help het, het egter self in die moeilikheid beland.

Die Emily Marie het albei mans bereik en aan boord geneem. KPR is op die helper, wat reeds leweloos blyk te gewees het, toegepas. NSRI- en CMR-paramedici het by die hawe KPR-pogings voortgesit, maar die man is ondanks hulle pogings dood verklaar. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die roeier het op die toneel mediese behandeling van CMR-paramedici ontvang en is sonder enige verdere mediese hulp ontslaan.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief