GRASMERE. – Die polisie is op soek na drie konstabels wat sedert Woensdag soek is.
Lees ook: Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing in Iran
Konst. Cebekhulu Linda (24), konst. Keamogetswe Buys (30) en konst. Boipelo Senoge (20) was in ’n wit VW Polo op pad van Bloemfontein na Limpopo toe hulle vermis geraak het.
Die laaste plek waar hulle gesien is, was by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolplaza op die N1.
Hulle selfone en voertuigopsporingtoestel is sedert Woensdag, toe hulle verdwyn het, af.
Die voertuigregistrasienommer is JCL 401 F’S.
Die polisie ondersoek ’n saak van moontlike kaping en ontvoering en vra enigiemand met inligting om die polisie te skakel.
Bronne: SAPD
Lees ook: Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing in Iran





