MPUMALANGA. – Freddy George Willies (80) is Sondag omstreeks 08:40 in Schoemansdal vermoor. Drie verdagtes, familielede van die oorledene, het op aanklag van moord in die Schoemansdal-landdroshof voorgekom.
Brig. Donald Mdhluli sê George Kenedy Willis (55), die oorledene se seun, Kenny Rudolph Willis (29), die oorledene se kleinseun en die eersgenoemde verdagte se seun, asook Nomvula Lucy Willis (75), die oorledene se vrou, het in die hof verskyn. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 6 Mei uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





