Bakkery en skool by tronk oopgemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Bakkery en ‘n voltydse skool word Woensdag deur die departement van korrektiewe dienste by hulle fasiliteit in Standerton oopgemaak.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement, sê in ‘n verklaring Hoërskool Zuzicebo is gedurende Junie 2024 geregistreer. Die skool is deel van die rehabilitasie van gevangenes en vorm deel van die regering se missie om geletterdheid en onderwys te bevorder. Die skool akkommodeer volgens Nxumalo tans 41 leerlinge in gr. 8 en 9, maar daar is planne om dit in 2026 tot by gr. 10 te neem.

Die bakkery, wat deur 30 gevangenes bedryf sal word, sal volgens beplanning 2 880 brode per dag aan korrektiewe fasiliteite in die Witbank- en Bethal-gebiede verskaf.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief