Man tydens inbraak op plaas geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Kalla du Preez is Donderdagaand tydens ‘n inbraak op ‘n plaas in Cullinan in die arm geskiet.

Volgens André van Heerden van Cullinan GPF het hy na 21:00 ‘n oproep van Du Preez se vrou gekry wat gesê het dat daar by hulle ingebreek is en dat hy in die linker-boarm geskiet is. Van Heerden sê hulle moes bo-oor ‘n hek klim om hulp aan Du Preez te kon gee wat op die toneel gestabiliseer is.

Volgens sosiale media is Du Preez vir mediese behandeling na die Steve Biko Akademiese Hospitaal geneem.

Nuusflits het voorheen oor die insident berig en het weer polisiekommentaar gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief