Julius Malema moes Woensdag met Jan Tuisbly se karretjie ry toe Britse owerhede nie sy visum vir ‘n besoek aan Londen vir die Cambridge-konferensie wat die naweek daar plaasvind, toegestaan het nie.
Malema het op sy X-profiel bekendgemaak hy is by OR Tambo Internasionale Lughawe en in plaas van ‘n belofte dat alles uitgesorteer sou word, is hy vier uur voor sy vertrek per brief ingelig dat sy visum nie goedgekeur is nie. Die EFF-leier het dit as “onaanvaarbaar en ruggraatloos” bestempel en dit is volgens hom ‘n poging om hom stil te maak.
Die EFF het die geweierde visum ten sterkste veroordeel, aangesien hulle leier studente op 10 Mei moes toespreek. Dit is as ‘n “oorlogverklaring” beskryf.
Lees die volledige plasings hier onder:






Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





