VATIKAAN. – Die verkiesing vir ’n nuwe pous duur vandag voort na swart rook gisteraand by die Sixtynse Kapel se skoorsteen uitgekom het.
Lees ook: Verkiesing van nuwe pous begin vandag
Die 133 kardinale het gisteraand vier uur nadat hulle by die Sixtynse Kapel ingegaan het, vir die eerste keer gestem, maar ’n opvolger vir pous Franciskus is nog nie verkies nie. Geen kandidaat het tweederdes of of 89 van die stemme gekry in die eerste konklaaf nie.
Daar kan tot vier keer ’n dag stembriewe ingedien word tot ’n nuwe pous verkies is. Die stemming kan oor etlike dae strek. Deur die eeue heen is ‘n nuwe pous nog nooit op die eerste dag van die konklaaf verkies nie.
Bronne: The Mirror, BBC, New York Post
Lees ook: Verkiesing van nuwe pous begin vandag





