Ambulans ry deur skerpgemaakte ysterpenne

Lees ook :

Foto's: PVES

GAUTENG. – ‘n Ambulans het Woensdagaand op die R80-pad in Pretoria deur skerpgemaakte ysterpenne gery.

Pretoria Volunteer Emergency Services (PVES) sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens se mediese eenheid en hommeltuigondersteuning is na die toneel. Geen beseerdes is op die toneel aangetref nie. Daar is beide te voet en met lugsteun na die verdagtes gesoek. Al sê die diens geen verdagte is gearresteer nie, moet hulle lig trap, aangesien verskeie wetstoepassingsagentskappe vinnig op die toneel was en boonop gereed is vir aksie.

Tshwane Metro Police Department, South African Police Service, Tshenolo PI, Air Support Unit, Pretoria Volunteer Emergency Services, BBS en Albert Jansen van Nieuwenhuizen is deur PVES bedank wat vinnig op die toneel was.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief