Smokey Robinson ontken bewerings van seksuele aanranding

Lees ook :

Smokey Robinson ontken bewerings van seksuele aanranding fotokrediet: X

Smokey Robinson, bekende sanger en liedjieskrywer, is Dinsdag gedagvaar deur vier vrouens, glo sy gewese huishoudsters, wat gesê het hy het hulle seksueel aangerand.

Lees ook: Vrou sterf in bylaanval by universiteit in Poland

Die vrouens het beweer hy het hulle verkrag, onder valse voorwendsels aangehou en hom van verskeie arbeidoortredings beskuldig. Sy tweede vrou, Frances, is ook in die dagvaarding genoem met bewerings dat sy die vrouens se werksomstandighede vererger het en niks gedoen het om Robinson se beweerde seksuele misdrywe te keer nie.

Die vrouens wil sowat $50 miljoen in skadevergoeding en ’n verhoor deur ‘n jurie hê.

Robinson se prokureur het gesê sy kliënt ontken die bewerings en dat dit ’n geldmakery is.

Bronne: BBC, Sky News, NBC News

Lees ook: Vrou sterf in bylaanval by universiteit in Poland

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief