Smokey Robinson, bekende sanger en liedjieskrywer, is Dinsdag gedagvaar deur vier vrouens, glo sy gewese huishoudsters, wat gesê het hy het hulle seksueel aangerand.
Lees ook: Vrou sterf in bylaanval by universiteit in Poland
Die vrouens het beweer hy het hulle verkrag, onder valse voorwendsels aangehou en hom van verskeie arbeidoortredings beskuldig. Sy tweede vrou, Frances, is ook in die dagvaarding genoem met bewerings dat sy die vrouens se werksomstandighede vererger het en niks gedoen het om Robinson se beweerde seksuele misdrywe te keer nie.
Die vrouens wil sowat $50 miljoen in skadevergoeding en ’n verhoor deur ‘n jurie hê.
Robinson se prokureur het gesê sy kliënt ontken die bewerings en dat dit ’n geldmakery is.
Bronne: BBC, Sky News, NBC News