59 mense dood in Israeliese aanvalle op Gaza

Lees ook :

59 mense dood in Israeliese aanvalle op Gaza fotokrediet: Canva

GAZA. – Volgens hospitaalowerhede in Gaza is 59 mense Woensdag dood in Israeliese aanvalle.

Lees ook: Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg aan beide kante

Dit sluit ’n aanval op Dinsdag op ’n skool, waarin Palestynse burgers glo geskuil het, in. Altesaam 27 mense is in daardie aanval oorlede.

Nog ’n skool waarin mense geskuil het, is Woensdag aangeval en 16 mense is daar gedood. 20 mense is ook dood in ’n aanval op ’n mark en restaurant in Gaza.

Israel het nog nie kommentaar gelewer oor die bewerings nie, maar het Hamas blameer vir die dodetal, aangesien Hamas volgens die Israeliese weermag burgerlike infrastruktuur, wat skole insluit, vir hulle werksaamhede gebruik.

Die VSA het ’n ooreenkoms bereik met die Hoethi-militante na die groep ingestem het om nie Amerikaanse skepe te teiken nie, maar Israel is nie in die ooreenkoms ingesluit nie.

Bronne: News Today, The Economic Times, BBC

Lees ook: Aanvalle duur voort tussen Indië en Pakistan, dodetal styg aan beide kante

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief