Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het tot 16.8 miljoen in die eerste kwartaal van 2025 gestyg. Die werkloosheidsyfer onder die jeug het in dieselfde tydperk tot 4.8 miljoen gestyg.
Lees ook: SA se werkloosheid daal met 1.4%
Mense het hulle werk in die volgende sektore verloor: handel, konstruksie, privaat huishoudings, gemeenskaps- en maatskaplike dienste en mynbou.
Meer mense het hulle werk verloor in KZN, die Oos-Kaap, Noord-Wes, Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap.
Volgens Statistiek SA het meer mense werk gekry in die vervoer-, finans- en nutsdienste. Daar was ’n toename in mense wat werk gekry het in die Wes-Kaap, Gauteng en Vrystaat.
Bronne: SA Regering
Lees ook: SA se werkloosheid daal met 1.4%





