Motoriste na vlaag ‘spikings’ gewaarsku om aan te hou ry

Lees ook :

Foto: Live Traffic NPO

GAUTENG. – Sewe voertuie is Donderdagaand teen 19:00 deur misdadigers geteiken wat skerp penne of klippe gebruik om bande te beskadig sodat voertuie kan stilhou en die insittendes kan beroof word. Nadat die voertuie gestrand langs die pad aangetref is, is motoriste ernstig gewaarsku om aan te hou ry en nie stil te hou nie.

Life Traffic NPO sê die insidente het op die N14 in die rigting van Malibongwe van Pretoria na Krugersdorp plaasgevind. Hulle is deur oproepe van bevreesde motoriste wat noodgedwonge hulle voertuie langs die pad tot stilstand gebring het, oorval. Motors se bande is deur klippe wat strategies oor die pad geplaas is, beskadig. Drie gewapende verdagtes het na bewering in die omgewing geskuil en die geleentheid benut om die gestrande motoriste te beroof.

Hulpspanne het vinnig vanaf Centurion, Olievenhoutbosch, Muldersdrift sowel as privaatsekuriteitsmaatskappye opgedaag, voordat verdere skade of beserings aangerig kon word. Live Traffic NPO sê die paaie het in ‘n jagveld ontaard. Motoriste word gewaarsku om nie gedurende sulke situasies stil te hou nie en aan te hou ry totdat hulp verkry kan word. Die raad is om stadig tot by ‘n vulstasie of polisiestasie te ry.

“Ons het gesmeek, ons het gewaarsku: MOENIE STOP NIE. RY AAN. Tog bereik die boodskap steeds nie almal nie,” lui die verklaring. Die organisasie het verdere samewerking met die publiek versoek ten opsigte van patrollies, kameras en ander hulpbronne. Besonderhede oor moontlike arrestasies is nie in die verslag aangedui nie.

“This is a war on our roads. We need you. Share this now. Join spike awareness groups. Follow #LIVETRAFFIC for real time alerts. Donate to support more patrols, cameras and resources. A massive thank you to the brave men and women of private security companies working hand-in-hand with responders for your rapid deployment and vigilance that save lives daily. To the community heroes who rushed out in the freezing cold to hunt these criminals, you are the shield that stands between us and chaos. But we can’t do this alone. Every donation, big or small, fuels more patrols, better tech, and faster responses. Help us fight back.”

Bron: Trafficlive.co.za

Sluit by die hier by die groep aan. Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief