GAZA. – Die kantoor van die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het in ’n verklaring gesê ’n “basiese hoeveelheid” kos sal in Gaza toegelaat word om te “verseker dat geen hongersnood ontwikkel nie”.
Lees ook: Sowat 120 mense dood in Israeliese lugaanvalle oor twee nagte in Gaza
Netanyahu het gesê die humanitêre hulp in Gaza sal Israel se nuwe verskerpte militêre aanslag op Gaza ondersteun.
Hy het ook gesê Israel gaan sorg Hamas beheer nie die uitdeel van die kos nie en dat geen kos of hulp Hamas-militante bereik nie.
Israel het op 2 Maart ’n blokkade op alle noodhulp, kos, brandstof en medisyne na Gaza ingestel. Israelse owerhede het volgehou daar is “geen hongersnood in Gaza nie” ten spyte van verslae deur die WGO en ander organisasies oor burgerlikes wat uitgehonger is.
Bronne: BBC, Daily Mail, ABC
Lees ook: Sowat 120 mense dood in Israeliese lugaanvalle oor twee nagte in Gaza





