Twee sterf toe ligte vliegtuig val

Lees ook :

Nuusflits

MPUMALANGA. – Quentin en Lizette Steyn, ‘n vlieënier en passasier, het Sondag gesterf toe hulle ligte vliegtuig neergestort het. Die vliegongeluk het omstreeks 16:00 op die vliegveld gebeur kort nadat hulle by die Middelburg Aero Club opgestyg het.

Sisa Majola van die burgerlugvaartowerheid (SACAA) sê aan Nuusflits die Afdeling vir Ongeluk- en Voorvalondersoeke (AOFO/AIID) het die vliegongeluk van die Rans Aircraft S10 Sakota (Registrasie ZS-WXE) van Sondag bevestig. Beide die insittendes is deur nooddienste dood verklaar. Die vliegtuig is deur die impak van ‘n brand vernietig. Die ongelukstoneel is Sondagaand veilig gemaak en deur die polisie bewaak. Bewysstukke wat deel van die voorlopige ondersoek sal uitmaak, is vanoggend deur die burgerlugvaart-ongelukseenheid op die toneel versamel. ‘n Voorlopige verslag sal binne 30 dae op die burgerlugvaartowerheid se webtuiste geplaas word.

AOFO het medelye met die geliefdes van die oorledenes betuig. Die oorledenes is deur die Middelburg Observer as Quentin en Lizette Steyn geïdentifiseer, wat deur hulle twee jong dogters oorleef word.

Bronne: SACAA en Middelburg Observer

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief