Sowat 120 mense dood in Israeliese lugaanvalle oor twee nagte in Gaza

Lees ook :

Sowat 120 mense dood in Israeliese lugaanvalle oor twee nagte in Gaza fotokrediet; X

GAZA. – Volgens Palestynse reddingswerkers en hospitale is sowat 120 mense dood in Israeliese lugaanvalle op Gaza oor die twee laaste nagte.

Lees ook: Sowat 80 mense dood in Israeliese lugaanvalle op Gaza

Minstens 70 mense het Woensdag omgekom en sowat 50 mense Donderdag. ’n Hospitaaldirekteur in Noord-Gaza het beweer sowat 20 kinders is Woensdag in die aanvalle gedood.

Die Israeliese weermag het gesê dit het meer as 130 “terreurteikens” in Gaza oor die afgelope twee dae aangeval.

Benjamin Netanyahu het die week gesê Israel sal Gaza “met volle krag invaar” oor die volgende paar dae en dat niks die oorlog gaan stop nie. Hy het gesê Israel gaan Hamas uitroei met ’n strategie wat sal lei tot die weermag wat ‘n groter grondgebied in Gaza beheer en al die inwoners sal verskuif word na ’n klein gebied in die suide van Gaza.

Bronne: The Times of Israel, The Washington Post, CNN

Lees ook: Sowat 80 mense dood in Israeliese lugaanvalle op Gaza

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief