NOORD-KAAP. – Frans de Wee (37) is Woensdag in die Griekwastad-landdroshof vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel en aanranding met die opset om enrstige liggaamlike skade aan te rig tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê De Wee het die slagoffer (42) op 29 Desember 2024 in Griekwastad met warm water gebrand, waarna hy in hegtenis geneem is.
Genl.maj. Nomana Mtukushe, die distrikskommissaris van Pixley Ka Seme-distrik, het sers. Hillary Bingwa geprys vir deeglike ondersoekwerk wat tot die vonnis gelei het.
“Misdade wat verband hou met geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord bly ’n prioriteit vir die polisie en pogings sal versterk word om oortreders daarvan voor die gereg te bring.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





