President Cyril Ramaphosa het gesê sy vergadering met president Donald Trump was ’n sukses en was “vrugbaar en robuust”. Hy het gesê dit is die begin van ’n nuwe hoofstuk vir die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA, veral ten opsigte van handel en beleggings.
Lees ook: Malema reageer op Trump se vraag hoekom hy nie gearresteer word nie
Ramaphosa het gesê hy en Trump het ’n “in-diepte en positiewe gesprek gehad” en dat hy “bly (is) daar is ingestem om aan te hou kommunikeer sodat daar nie enige misverstande ontstaan nie”.
Hy het gesê die vergadering was ’n geleentheid om bekommernis duidelik te maak en wanvoorstellings aan te spreek. Ramaphosa het gesê: “President Trump se bekommernis is oor die veiligheid van mense in Suid-Afrika. Soveel soos wat hy gefokus het op wit boere, het ons aanhoudend gesê daar is ’n veiligheidsprobleem en ons hardloop nie weg daarvan af nie. Daar is misdaad.”
Volgens Ramaphosa is die misdaad nie ’n rasprobleem nie, maar hou verband met die stand van Suid-Afrika se ekonomie, werkloosheid en ander faktore.
Ramaphosa het gesê hy glo Trump twyfel nou aan die bewerings van wit volksmoord in Suid-Afrika.
Bronne: The South African, Briefly, The Citizen
Lees ook: Malema reageer op Trump se vraag hoekom hy nie gearresteer word nie