KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n motor het glo Saterdagaand op die R34 John Ross-snelweg naby Empangeni beheer verloor, waarna die voertuig gerol en dit in ‘n boom beland het. Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens Umhlathuze brand- en reddingsdienste, het hom onmiddellik na die toneel gehaas. Die bestuurder is ernstig beseer en vasgekeer in die voertuig aangetref. Die bestuurder is met behulp van gespesialiseerde reddingstoerusting uit die wrak bevry. Hy is daarna vir verdere mediese behandeling na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Motoriste word gemaan om, wanneer hulle op daardie gedeelte van die snelweg reis, versigtig te wees – veral in die nag, versigtig te wees.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





