KWAZULU-NATAL. – ‘n Kind (8) het Saterdag ‘n ballon met ‘n ‘noodboodskap’ in ‘n erf in Highstraat, Tongaat, ontdek. ‘n Kontaknommer in die boodskap is Sondag gebel, maar die nommer was onbereikbaar.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosiale mediaplasing die kind se ma het dié nooddiens om hulp gevra. Reaksiebeamptes het gesê volgens die boodskap in die ballon is ‘n individu ontvoer en word die persoon op ‘n onbekende plek aangehou. ‘n Vrou se naam wat glo die verdagte is en ‘n kontaknommer, is in die boodskap aangedui.
Rusa sê die diens is Sondag deur die bestuur van ‘n avontuur-fasiliteit gekontak en daar is bevestig daar is geen kennis van ‘n ontvoering of ‘n vermiste persoon nie.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





