Hof gaan voort met saak teen voormalige polisiebeamptes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Voormalige maj. Louis van den Berg (75) en sers. Abraham Hercules Engelbrecht (61) se artikel 174-aansoek ingevolge die strafproseswet is deur die Pretoria-hooggeregshof, wat in Benoni sit, van die hand gewys. Die twee beskuldigdes het aangevoer die staat het nie ‘n saak teen hulle nie en het versoek om van die strafsaak vrygespreek te word.

Die twee, saam met voormalige sers., Pieter Stander (60), staan op ’n aanklag van moord op Caiphus Nyoka, ’n studente-aktivis en lid van die Congress of South African Students (COSAS), tereg. Lumka Mahanjana, streekwoordvoerder vir die NVG in Pretoria, sê die aansoek ingevolge artikel 174 is verwerp en die saak sal dus voortgaan. Die saak is vir Van den Berg en Engelbrecht se verweer van 8 tot 19 September uitgestel. Die saak teen Johan Marais (65), ’n voormalige reaksie-eenheid 6 in Dunnotter, wat vir dieselfde misdryf aangekla en skuldig bevind is, is vir vonnisverrigtinge tot 5 en 6 Junie uitgestel.

Op die aand van 23 Augustus 1987 is daar glo beplan hoe Nyoka doodgemaak gaan word. Na bewering is die plan beraam onder die bevel van voormalige maj. Leon Louis van den Berg, wat ook apart aangekla is, beraam. ‘n Klopjag is die volgende oggend, omstreeks 02:30, op Nyoka se huis uitgevoer. Hy en drie vriende het geslaap en nadat hy geïdentifiseer is, is hy na buite geneem en nege keer geskiet. Nyoka het aan die skietwonde gesterf.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief