KYK: Bestuurder ná botsing uit brandende voertuig gered

Lees ook :

KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – Die bewustelose bestuurder van ‘n voertuig is Donderdagmiddag in Trelawneyweg, in Pietermaritzburg, gered ná ‘n ongeluk waartydens die voertuig aan die brand geslaan het.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê in ‘n WhatsApp-boodskap die voertuig het teen ‘n elektriese paal tot stilstaand gekom en aan die brand geraak. ‘n Voetganger het onmiddellik opgetree en die bestuurder uit die wrak gered. Paramedici van dié diens het mediese versorging aan die pasiënt verskaf. Die bestuurder is daarna met ‘n ambulans deur ER24 na ’n hospitaal geneem.

“Die vinnige optrede van die verbyganger het daartoe bygedra dat die bestuurder betyds uit die voertuig gehaal kon word,” het Botha gesê.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief