KWAZULU-NATAL. – ’n Plaaswerker is in ’n kritieke toestand nadat hy Woensdag tydens instandhoudingswerk op ‘n plaas tussen Gluckstad en Vryheid in ‘n stroper se meganismes geval het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê in ‘n WhatsApp-boodskap kollegas van die werker het dadelik probeer om hom te help en het nooddienste ontbied. Paramedici van dié diens het die werker gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.
Volgens Botha word die omstandighede van die voorval ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





