Graad 2-leerling se ‘seksuele aanranding deur algemene assistent’ ontstel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Gr. 2-leerling is na beweing by die Laerskool Dalmondeor in Johannesburg seksueel deur ‘n algemene assistent aangerand. Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, sê hy is ontsteld oor dié bewering.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê volgens beskikbare inligting beweer die leerder se ma dat haar kind op Woensdag, 21 Mei 2025, deur ’n algemene assistent in een van die skool se kleedkamers seksueel aangerand is. ‘n Saak is op dieselfde dag by Mondeor-polisiestasie geopen. Die skool het eers van die beweerde voorval verneem toe die polisie ‘n paar dae later opgedaag en die persoon op die skool se perseel in hegtenis geneem het.

Mabona bevestig die beweerde oortreder is intussen voorlopig as algemene assistent by die skool verwyder en bly in aanhouding. Hy sê die departement beskou aantygings van hierdie aard in alle erns. Die veiligheid, beskerming en sielkundige welstand van alle leerders bly ’n prioriteit.

“Dit is hartverskeurend dat ’n kind aan sulke trauma blootgestel kon word in ’n omgewing waar hulle eintlik gekoester en beskerm moet word,” sê Chiloane. “Ons veroordeel hierdie beweerde daad ten sterkste en vra dat die reg sy volle loop neem. Hierdie ‘voorval’ het tydens Kinderbeskermingsweek plaasgevind – ’n tydperk wat toegewy is aan die bevordering van kinders se regte, veiligheid en waardigheid. Dit dien as ’n pynlike herinnering aan die noodsaak om beskermingsmaatreëls in leeromgewings te versterk en te verseker dat geen kind ooit skade ly terwyl hulle onder ons sorg is nie,”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief