NOORD-WES . – Drie polisiebeamptes het weer Donderdag op aanklagte van regsverydeling en hulpverlening vir die ontsnapping van ’n aangehoudene in die Stilfontein-landdroshof verskyn. Die saak is tot 8 Julie 2025 vir verdere ondersoek uitgestel. Borgtog vir die beskuldigdes is tot hul volgende hofverskyning verleng.
Die beamptes, Jack Motlhabya (37), Menzi Shabalala (38), Ntuthuko Dladla (40) en Samkelo Mbotho (38), is in Januarie 2025 in hegtenis geneem ná bewerings dat hulle ’n aangehoudene tydens ’n Vala Umgodi-operasie in Stilfontein gehelp het om te ontsnap.
Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê volgens getuienis wat in die hof aangebied is, is verskeie onwettige mynwerkers op 15 Januarie 2025 vanuit ’n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. Die polisie het hulle in hegtenis geneem. Een individu, slegs bekend as “Tiger”, is deur verskeie van die onwettige mynwerkers as die persoon in beheer van die ondergrondse operasies geïdentifiseer. Hy het egter op dieselfde dag ontsnap. Die eenheid teen korrupsie het ’n ondersoek van stapel gestuur wat tot die beamptes se inhegtenisneming gelei het.Lees ook meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





