Polisiebeampte in hof op aanklagte van moord, aanranding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ’n Polisiebeampte (32) van Pretoria se misdaadintelligensie-eenheid word van moord aangekla. Die saak is deur die Ga-Rankuwa-landdroshof uitgestel om die beampte toe te laat om regshulp te bekom.

Lizzy Suping, woordvoerder van Opod, die polisiewaghond, sê die polisiebeampte het na bewering op Saterdag, 31 Mei, in Boikhutsong, in Mabopane, uit sy huis gekom en twee mense uitgeskel wat na ‘n plaaslike taverne onderweg was. Die beampte het glo ook die twee mans fisiek aangerand, sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote op hulle geskiet. Een van die mans het daarin geslaag om weg te hardloop, terwyl die ander een gewond is. Gemeenskapslede wat op die toneel aangekom het, het die ernstig beseerde man in ‘n private voertuig na Legae-hospitaal vervoer. Hy is by aankoms dood verklaar.

Suping bevestig die polisiebeampte is dieselfde dag op die toneel in hegtenis geneem en het Dinsdag ‘n eerste hofverskyning gemaak. Hy staan op aanklagte van moord, aanranding en die rig van vuurwapen tereg.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief