VSA. – Amerika het sanksies ingestel teen vier regters by die Internasionale Geregshof omdat hulle dié land, asook Israel, sou “teiken”.
Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat sy departement sanksies gaan instel teen die regters wat sal keer dat hulle die VSA kan binnekom. Die eiendomme en belange van dié regters in die VSA sal ook geblokkeer en aan die tesourie gerapporteer word.
Die vier regters is Solomy Balungi Bossa van Uganda, Luz del Carmen Ibáñez Carranza van Peru, Reine Adelaide Sophie Alapini Gansou van Benin en Beti Hohler van Slowenië.
Die Internasionale Geregshof het gesê die sanksies is ’n “duidelike poging om die onafhanklikheid van die hof te ondermyn”.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het egter Rubio en pres. Donald Trump daarvoor geloof en het gesê hulle het “vir die reg van Israel opgestaan”.
Bronne: BBC, IOL, CNN
Lees ook: Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind





