ACORNHOEK. – Die polisie ondersoek ’n dubbele moord in Acornhoek op Dinsdag.
Lees ook: Liggame van drie mans in veld gevind
Luidens ’n polisieverslag het die polisie inligting ontvang oor ’n skietvoorval naby ’n treinspoor in Acornhoek. Die liggaam van een man is op die toneel met verskeie skietwonde gevind. Nog ’n man, glo sy vriend, is geskiet en na ‘n hospitaal geneem, maar hy is op pad soontoe oorlede.
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat vyf gewapende mans by ‘n shack ingestorm het waarin die slagoffers was en op hulle geskiet het voor hulle in ’n Audi en Toyota Fortuner gevlug het.
Die motief vir die skietery is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Liggame van drie mans in veld gevind





