Brekende Nuus
Afrikaans

Agt mense op grond dood in vliegtuigongeluk

Sowat agt mense op grond dood ná vliegtuigongeluk

fotokrediet; X
Sowat agt mense op grond dood ná vliegtuigongeluk fotokrediet; X

AHMEDABAD, INDIЁ. – ’n Senior gesondheidsbeampte in Ahmedabad het aan die BBC gesê agt mense is in gister se vliegtuigongeluk op die grond dood toe die Boeing neergestort en ‘n wooneenheid van ‘n mediese kollege getref het.

Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk

Vier mediese studente en vier familielede van mediese studente wat in die koshuis gewoon het, is oorlede. Altesaam 241 mense wat in die Air India-vliegtuig was toe dit neergestort het, is oorlede. Net een man het die ongeluk oorleef.

Reddingswerkers is steeds op soek na liggame in die rommel. Die ongeluk word ondersoek, terwyl daar ook nog na die vlugopnemer gesoek word.

Bronne: BBC, CNN, Manchester Evening News

Lees ook: Britse man enigste oorlewende van vliegtuigongeluk