Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut

Lees ook :

Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut fotokrediet: X

AHMEDABAD, INDIЁ. – Die Air India-voorsitter, N Chandrasekaran, het gesê die regterenjin op die ongeluksvliegtuig, ‘n Boeing 787 Dreamliner, wat verlede week op 12 Junie neergestort het, was nuut en is in Maart 2025 op die vliegtuig geïnstalleer.

Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer

Hy het gesê die linkerenjin is laas in 2023 gediens en die volgende volledige diens was vir Desember geskeduleer.

Chandrasekaran het gesê die vliegtuig het ’n skoon geskiedenis gehad nadat dit bekend gemaak is dat die vliegtuig 12 jaar oud was.

Sowat 270 mense is in die ongeluk oorlede. 241 van die oorledenes was passasiers, ná die vliegtuig 40 sekondes nadat dit opgestyg het, neergestort het.

Die vlugopnemers is gevind en sal na die VSA gestuur word om ontleed te word. Air India se ander Boeing-vliegtuie word nou ondersoek vir enige foute.

Bronne: BBC, The Independent, India Today

Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief