Air India-vlug vandag gekanselleer

Lees ook :

Air India-vlug vandag gekanselleer fotokrediet: X

AHMEDABAD, INDIЁ. – ‘n Air India-vlug wat op pad was van Ahmedabad na Londen is vandag gekanselleer ná ‘n tegniese probleem glo tydens ‘n roetinetoets opgetel is.

Lees ook: Tweede vlugopnemer van Air India-vliegtuig gekry

Plaaslike media het berig die vliegtuig sou vanaf Ahmedabad na Londen vlieg toe die tegniese probleem tydens ‘n roetinetoets aan die lig gekom het.

Air India het ontken dat die vlug oor ‘n probleem met die vliegtuig gekanselleer is en het gesê die vlug is gekanselleer omdat die vliegtuig weens addisionele toetse en lugruimbeperkings nie beskikbaar was nie. Volgens die lugredery is ’n alternatiewe reëling getref vir die passasiers om na hulle bestemming te vlieg.

Bronne: Daily Mail, India Today, News18

Lees ook: Tweede vlugopnemer van Air India-vliegtuig gekry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief