’n Span kenners van Cybernews het onlangs ontdek 16 miljard wagwoorde van sowat 30 datastelle is op die internet gelek.
Lees ook: Google waarsku Gmail-gebruikers oor diefstal van wagwoorde
Wagwoorde van Apple, Facebook, Google, Telegram, Github, VPN-dienste, aanlyn koop-webtuistes en regeringswebtuistes is op die internet vrygestel.
Die Cybernews-span het gesê al die datastelle wat binnegedring is, behalwe een, was vol nuwe inligting wat nie voorheen vrygestel sou word nie. Die span het gesê die data-inbraak is “nie net ’n lek nie” maar “’n bloudruk vir massa-uitbuiting”.
Volgens die Cybernews-span is die bron van die data-inbraak ’n netwerk van kwaadwillige programmatuur wat rekenaars binnedring en sensitiewe inligting steel sonder dat dit opgetel word.
Mense word gewaarsku om hulle wagwoorde gereeld te verander en hulle rekeninge vir enige vreemde plasings dop te hou. Die FBI het ook gesê mense moet nie dieselfde wagwoord vir meer as een webtuiste gebruik nie.
Bronne: TechStory, Daily Record, Hindustan Times
Lees ook: Google waarsku Gmail-gebruikers oor diefstal van wagwoorde





