Soldate sterf tydens voorval in militêre basis

Lees ook :

Foto: Google Maps

MPUMALANGA. – Twee weermaglede het Saterdagoggend vroeg by die Macademia Militêre Basis naby Komatipoort gesterf. Die SANW en die SAPD het ‘n gesamentlike ondersoek na die voorval geloods.

Prince Tshabalala, woordvoerder vir die SANW, het die noodlottige voorval in ‘n uitgereikte verklaring bevestig. Die voorval het tydens ’n Operation Corona-ontplooiing voorgekom. ’n SANW-lid, wat glo goedkeuring vir onttrekking van diens ontvang het, het na bewering sy mede-soldate in hul blyplek aangeval. Een lid is tydens die aanval dood. Die aanvaller het later aan selftoegediende wonde in die nek beswyk. Die name van die oorledenes sal eers bekend gemaak word nadat hul families ingelig is.

Militêre gesondheidspersoneel en die kapelaandiens bied ondersteuning aan lede wat deur die voorval geraak is. Angie Motshekga, die minister van verdediging en militêre veterane, en genl. Rudzani Maphwanya, die SANW-hoof, het hul innige meegevoel aan die families van die oorledenes oorgedra.

Verdere besonderhede sal met verloop van die ondersoek gedeel word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief