IRAN. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran gedreig met ’n regimeverandering nadat hy beweer het hy het ’n kernbom “reg uit Iran se hande gevat” deur drie kernaanlegte in die land te laat aanval.
Lees ook: Netanyahu bedank Trump vir bomaanval op Iran se kernaanlegte
Hy het op sy sosialemediaplatform Truth Social gesê: “Dit is nie polities korrek om die term ‘regimeverandering’ te gebruik nie, maar as die huidige Iranse regime nie IRAN KAN WONDERLIK MAAK NIE, hoekom sal daar nie ’n regimeverandering wees nie?”
Teheran het gesê die Amerikaanse aanval sal “gevolge” hê en dat Iran “alle opsies” oorweeg om die land te beskerm. Dit het gesê die kernaanlegte wat Trump geteiken het, is nie beskadig nie en dat dit reeds ontruim was toe die aanval plaasgevind het.
Teheran het ook gesê dit gaan binnekort met Wladimir Poetin, die president van Rusland, vergader.
Bronne: The Independent, Sky News, The Irish Times
Lees ook: Netanyahu bedank Trump vir bomaanval op Iran se kernaanlegte





