KYK: Man sterf in brandende voertuig

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man, na raming in sy veertigs, is Saterdagaand tydens ‘n noodlottige motorongeluk op die M1 Higginson-snelweg, in ‘n oostelike rigting voor die Havenside-verkeersligte in Chatsworth, dood. Die voertuig waarin hy ‘n insittende was, het uitgebrand.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het hulle net voor 18:00 na die toneel gehaas waar ’n voertuig beheer verloor, teen ’n boom gebots en daarna aan die brand geslaan het. Met aankoms op die toneel het paramedici die Ethekwini-brandweer aangetref wat besig was om die brand te blus. Die bestuurder, wat vermoedelik die enigste insittende was, kon nie betyds uit die voertuig kom nie en is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die SAPD en metropolisielede was op die toneel en ondersoek die voorval verder.

ALS Paramedics het die volgende video (oorsprong onbekend) gedeel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief