KIJIF. – Sowat sewe mense is dood en minstens 19 is beseer in aanvalle wat Rusland oornag met missiele en hommeltuie op Kijif en omstreke uitgevoer het.
Lees ook: Deel van woonstelblok vernietig in Russiese aanval op Kijif
Die minister van binnelandse sake in Kijif het gesê woongebiede, hospitale en sportsinfrastruktuur is in die aanvalle getref.
Reddingswerkers is steeds op soek na mense wat moontlik onder rommel vassit ná ’n woonstelgebou in Kijif deur die aanvalle getref is en gedeeltelik ineengestort het.
Bronne: BBC, CBS News, The Independent
Lees ook: Deel van woonstelblok vernietig in Russiese aanval op Kijif





